Rand is senuagtig vir data die week 

Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend swakker in vroeë handel teenoor ‘n sterker dollar verhandel. Verskeie aankondigings word die week verwag en die rand, wat uiters sensitief is vir wentelinge in internasionale markte, het vroeg gereageer. Op die oomblik verhandel die rand teen rondom 18,70 teenoor die Amerikaanse dollar. Datavrystellings in Suid-Afrika sluit in die derde kwartaal se BBP, en Oktober en November besigheidsvertroue indeks data. Indiensnemingsdata vanuit die VSA word ook verwag.