Koperkablel-diefstal begin plaaslik kommer wek

Telecom Namibia vra vir die wysiging van die Wet op Tweedehandse Goedere om diefstal en vandalisme van telekommunikasie-infrastruktuur te beperk. Stanley Shanapinda, uitvoerende hoof van Telecom Namibia, sê diefstal en skade aan infrastruktuur belemmer bedrywighede wat lei tot die onderbreking van dienslewering en verlies aan inkomste. Die kragvoorsieners in Namibië word gekonfronteer met die groot uitdaging van koperkabel-diefstal wat aan die toeneem is. Charlie Matengu, van Cenored sê hulle uitdagings is net so groot.