Ramptoestand uiteindelik in SA gegroet

Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om die nasionale ramptoestand te beëindig. President Cyril Ramaphosa sê die ramptoestand was ‘n reaksie op die wêreldwye Covid-19-gesondheidskrisis, wat ‘n ernstige bedreiging vir die lewens en welstand van Suid-Afrikaners ingehou het. Hy sê daar is geen twyfel dat so ‘n reaksie onder daardie omstandighede nodig was nie:

Intussen sê Ramaphosa die maatskaplike ramptoelaag van 350 Suid-Afrikaanse rand sal voortduur selfs met die nasionale ramptoestand wat beëindig word. Hy voeg by waarskuwingsvlakke sal nie meer van toepassing wees nie: