Ramptoestand in Louisiana afgekondig

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n ramptoestand in Louisiana afgekondig nadat een persoon dood en meer as ‘n miljoen sonder elektrisiteit gelaat is ná die verwoesting wat deur Orkaan Ida aangerig is. Die orkaan is intussen aangepas van ‘n kategorie vier-storm na ‘n tropiese storm. Die orkaan het die vasteland gister getref, presies 16 jaar ná Orkaan Katrina. Volgens die Withuis sal federale hulp gebied word aan staats- en plaaslike herstelpogings.