Ramos wen haar lastersaak teen Independent Media in Suid-Afrika

Die voormalige hoof van Absa in Suid-Afrika, Maria Ramos, het haar lastersaak teen Independent Media gewen. Die hof het bevind The Star se hoofrubriek op 9 Desember verlede jaar wat onder andere genoem het dat sy die rand manipuleer was vals, lasterlik en onwettig. Die Star moet binne 24 uur ‘n skriftelike apologie plaas en die rubriek van alle sosiale en ander media platforms verwyder.