Ramaphosa wil ontslae raak van burokrasie en rondslomp

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party se 55ste Nasionale Konferensie is ‘n waterskeidingsoomblik vir die beweging en vir die hele land. Ramaphosa het die presidensiële gala-dinee by Nasrec, Johannesburg, toegespreek. Die ANC hou van vandag af tot Dinsdag sy nasionale verkiesingskonferensie. Ramaphosa sê hulle werk aan ‘n omgewing wat sake vir besighede sal vergemaklik en wat sal ontslae raak van burokrasie en rompslomp.