Ramaphosa vra kalmte na geweldpleging

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep vir kalmte gedoen na ernstige geweldpleging en protesaksies op roetes in KwaZulu-Natal voorgekom het. ‘n Hele aantal vragmotors is die afgelope 24 uur aan die brand gesteek om beswaar te maak teen oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf. Zuma ondersteuners dreig om vandag die geweldpleging voort te sit.