164 Leerlinge toets Covid-19 positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat onder die 1 726 nuwe Covid-19 gevalle is 164 leerlinge, 53 onderwysers, 37 studente en 31 gesondheidswerkers. Die herstelkoers staan op 74%.Daar is tans 25 306 aktiewe gevalle waarvan 587 in die hospitaal en 104 in intensiewesorg is. 130 048 Mense is reeds teen Covid-19 ingeënt, waarvan 29 537 ten volle ingeënt is.