Ramaphosa vra einde aan geslagsgeweld
President Cyril Ramaphosa sê die Presidensiële Indaba vir Jong Mans en Seuns in Soweto is deurslaggewend om die plaag van geslagsgeweld en vrouemoord in die land te bekamp. Hy het die jong mans geloof wat die dialoog bywoon, oor die voorkoming van geweld teen vroue en meisies. Die indaba het aan die President ‘n platform gebied om konkrete vordering in die voorkoming van geslagsgeweld in skole te bespreek. Ramaphosa het gevra vir ‘n einde aan toksiese manlikheid, en partriargale houdings, en vir die bevordering van respek vir vroue.