Ramaphosa vra diplomate om ekonomiese groei te steun

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op diplomate gedoen om ekonomiese groei te steun wat werksgeleenthede sal skep. Hy het die Hoofde van Sendings-konferensie by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se kantore in Pretoria geopen. Ramaphosa lig die verteenwoordigers in oor die huidige administrasie se strategiese mandaat en doelwitte, met die klem op die land se planne vir ekonomiese herstel.