Ramaphosa sluit sy verkiesingsveldtog af

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party moet sy foute regmaak en die probleme in plaaslike regering regruk. Hy het by die finale ANC veldtog in Soweto gepraat op die vooraand van die spesiale stemme wat van vandag af uitgebring word. Volgens Ramaphosa weet mense die ANC het die wil en die vermoë om veranderings teweeg te bring. Hulle sien ook die ANC is opreg oor sy eie vernuwing en erken die vordering wat hy gemaak het om die party te herbou en mense beter te dien.Suid-Afrikaners gaan Maandag na die stembus vir die buurland se plaaslike regeringsverkiesings.