Ramaphosa sê groenwaterstof het beleggingspotensiaal

President Cyril Ramaphosa sê groenwaterstof is ʼn nuwe wêreld en het baie potensiaal in Suid-Afrika se beleggingstrategie. Hy was die openingspreker by die spesiale weergawe van die Groenwaterstof-beraad op die Simposium oor Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad. Volgens Ramaphosa sal Suid-Afrika beleggings van 1,4 duisend miljard Suid-Afrikaanse rand benodig om te verseker Billike Energie-oordrag word teen 2027 ʼn werklikheid. Hy sê dit verteenwoordig toekomstige beleggingsgroei in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt..