Ramaphosa sê elke Suid-Afrikaner moet voordele van infrastruktuur ervaar

President Cyril Ramaphosa sê elke Suid-Afrikaner moet die voordele van infrastruktuurbelegging en verbeterde bruto vastekapitaal-vorming ervaar. Hy het die Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling-simposium van Suid-Afrika by die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg toegespreek. Ramaphosa sê een van die nuwe voorposte van infrastruktuurontwikkeling is groen energie. Hy sê dit het die potensiaal om industrialisasie te bevorder en selfs ‘n nuwe nywerheidswerklikheid te skep.