Ramaphosa sê Bokke bring hoop

Rugby: President Cyril Ramaphosa sê die Springbokke se vertoning in vanjaar se Wêreldbekertoernooi het mense se verbeelding aangegryp en hoop gebring te midde van al die uitdagings. Die president het die viermalige kampioene gedurende hulle trofee-toer by die Uniegebou in Pretoria verwelkom na hulle geskiedkundige oorwinning in Frankryk. Volgens Ramaphosa is die oorwinning ‘n kragtige simbool van die nasie se vordering sedert demokrasie en besiel dit elke jong seun en meisie om te glo hulle is bestem om sukses te behaal, ongeag hulle agtergrond.