Ramaphosa oor Covid-19 enstowwe vir Afrika

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het weer ʼn beroep op lande gedoen om tydelik van hulle eiendomsreg op COVID-19 entstowwe afstand te doen sodat ander lande in staat gestel kan word om entstowwe plaaslik te vervaardig. Ramaphosa het gepraat tydens ʼn aanlyn beraad oor gesondheid. Hy sê dit is onaanvaarbaar en baie onregverdig dat Afrika in die 21ste eeu net 20 miljoen, of sowat twee persent van die wêreldwye aanbod se COVID-19 entstowwe ontvang het.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *