Ramaphosa maan oor staatskapingskommissie se verslag volgende maand

President Cyril Ramaphosa het die ANC gewaarsku om hom vir fel kritiek reg te maak wanneer die staatskapiningskommissie se verslag volgende maand uitgereik word. Hy het ‘n politieke oorsig by die party se virtuele nasionale uitvoerende komitee lekgotla gegee, wat nou aan die gang is. Ramaphosa sê die verslag gaan ‘n samevatting van ernstige aantygings teen sommige ANC-lede gee. Die regering se ontplooiingskomitee en lede van die Parlement kan ook verwag om onder skoot te kom. Hy sê die aanbevelings van waarnemende hoofregter Raymond Zondo moet nietemin ingestel word.