Ramaphosa kry interdik teen Zuma

President Cyril Ramaphosa het ‘n aansoek ingedien by die Johannesburgse hooggeregshof waarin hy vra vir ‘n interdik téén oudpresident Jacob Zuma se private vervolging van hom, met ‘n bestraffende kostebevel teen Zuma. Zuma het die dag voor die ANC se nasionale verkiesingskonferensie sy voorneme bekendgemaak om Ramaphosa privaat te vervolg. Die NVG het vroeër gesê die nolle proseque-sertifikate is nie met betrekking tot Ramaphosa uitgereik nie. In sy beëdigde verklaring sê Ramaphosa, Zuma se beweerde private vervolging is onwettig, ongrondwetlik en ongeldig, en vra hy die hof om dit ter syde te stel.