Ramaphosa kondig routydperk vir wyle FW de Klerk aan

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het ‘n routydperk vir oudpresident FW de Klerk afgekondig. Hy sê die Suid-Afrikaanse vlag sal van Woensdagaand tot Sondag halfstok hang. Ramaphosa sê ook die regering gaan ‘n staats-gedenkdiens vir die oudpresident aanbied. Die 85-jarige De Klerk is Donderdag dood aan kanker. Die FW de Klerk-stigting het vroeër aangekondig sy verassing en begrafnisdiens sal Sondag plaasvind tydens ‘n privaat seremonie vir familielede.