Ramaphosa kondig ingrypings oor kragnetwerk aan

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering sal in die komende dae ingrypings aankondig om nuwe elektrisiteit op die netwerk aan te bring om te keer dat die land in duisternis gehul word. Ramaphosa het afgevaardigdes van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party op hul konferensie in Boksburg verseker dat die regering nie probeer om staatsondernemings te privatiseer nie. Hy sê Eskom is nie net die afgelope 15 jaar in ‘n toestand van nood nie, maar is ook nie meer geskik vir die huidige tegnologie en ekonomie nie.