Ramaphosa hou nie van my nie, en ek hou nie van hom nie – Vavi

Die Hoofsekretaris van die vakbondfederasie Saftu, Zwelinzima Vavi, het die ANC-president, Cyril Ramaphosa, van skynheiligheid beskuldig. Hy het na aanleiding van die president se getuienis voor die staatskapingskommissie gesê Ramaphosa het stilgebly en gekyk hoe die land ondergaan. Vavi sê Ramaphosa het destyds ‘n rol gehad om te speel as adjunk-president van die land, en dit was om te voorkom dat dade van staatskaping plaasvind: