Ramaphosa het sukses in die hof teen Zuma

ʼn Volle regbank van die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het President Cyril Ramaphosa se dringende aansoek toegestaan om ʼn interdik te kry teen oudpresident Jacob Zuma se poging om ʼn privaat vervolging. Die gewese president beskuldig Ramaphosa van verskeie misdade, onder andere dat hy medepligtig is aan die bekendmaking van Zuma se mediese rekords wat die senior staatsaanklaer, Billy Downer, volgens die oudpresident aan die joernalis Karyn Maughan uitgelek het. Gauteng se adjunk-regterpresident, Roland Sutherland, het in sy uitspraak gesê Zuma word beveel om geen verdere stappe teen Ramaphosa te neem nie,  en hom van privaat vervolging te weerhou, tot tyd en wyl Deel B van die saak afgehandel is.