Ramaphosa gaan COP27 Klimaatberaad bywoon

President Cyril Ramaphosa gaan Maandag ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging lei na die COP 27 Klimaatberaad in Sharm El-Sheikh, Egipte. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor en die minister die omgewing, Barbara Creecy, sal die onderhandelings bywoon. Magwenya sê vorige beloftes van COP26 sal ook nagekom word.