Tien rugbytoetse die naweek gespeel

Rugby: Nie minder nie as tien toetse word die naweek gespeel. Suid-Afrika se oë sal gerig wees op die wedstryd tussen die Springbokke en Ierland in Dublin, wat vanaand afskop. Vroeër is Roemenië en Chili aan die beurt voordat Skotland en Fidji mekaar in Edinburgh pak. Italië speel teen Samoa, en Wallis verwelkom die All Blacks in Cardiff. Spanje en Tonga sê mekaar die stryd aan en Frankryk en Australië speel in Parys. Môre is dit Amerika teen Kenia, Engeland teen Argentinië op Twickenham, en Portugal teen Hongkong.