Ramaphosa erken sy regering was nie voorbereid op onluste en plundering nie

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het erken dat die buurland se regering swak voorbereid was op wat hy beskryf as ‘n opstand. Hy het die land gisteraand oor sy regering se reaksie op die dodelike geweld toegespreek wat in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal losgebars het. Ramaphosa sê die regering het nie die vermoëns en planne gehad om vinnig te reageer nie. Hy het sy meegevoel betuig met diegene wat geliefdes verloor het ná meer as 200 mense weens die geweld dood is

Ramaphosa sê ook die Suid-Afrikaanse regering spits hom toe op gebiede wat geplunder en vernietig is om hulp te verleen soos voedselkoopbewyse, kospakkies en kontantskenkings. Hy het ‘n beroep op skenkings vir die Solidariteitsfonds gedoen wat sal help om verligting ná die onluste te bring.