Ramaphosa: Entstof-apartheid teen Afrika moet stop
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê net soos Afrika teen kolonialisme, apartheid en ongeregtigheid saamgestaan het, moet hy nou ook saamstaan om die koronavirus-pandemie te oorkom. Hy het tydens ‘n aanlynseminaar op uitnodiging van die eerste minister van Jamaika, Andrew Holness, gepraat. Ramaphosa sê Covid-19-entstof-apartheid wat welvarende lande toelaat om entstof op te koop, terwyl ontwikkelende lande met minder hulpbronne hulle beurt moet afwag, moet teengestaan word.