Ramaphosa en Biden gesels oor Cabo Delgado en terreur

President Cyril Ramaphosa sê een van die groot besprekingspunte met die Amerikaanse president, Joe Biden, is die aanvalle deur die Islamitiese Staat in Mosambiek se noordelike provinsie, Cabo Delgado. Die Rwandese en Suider-Afrikaanse militêre kontingent en troepe veg om die Islamitiese inval van vyf jaar die hoof te bied. Volgens Ramaphosa het hy Biden om meer hulp gevra om die opstand te beëindig: