Ramaphosa bring hulde aan wyle Lydia Meshoe

President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel uitgespreek na die afsterwe van ‘n stigterslid van die ACDP, Lydia Meshoe. Sy was die leier van die party se Women of Destiny-organisasie en voormalige lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng. ‘n Woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, sê die President se gedagtes en gebede gaan uit na haar man, die ACDP-leier, Kenneth Meshoe, en haar familie en vriende.