Ramaphosa betreur Boksburg-tragedie

President Cyril Ramaphosa betreur die lewensverlies en verwoesting weens die ontploffing van ‘n gas-tenkwa naby die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg die naweek. Tot dusver is 18 mense dood en tientalle is beseer. Die hospitaal en omliggende openbare infrastruktuur het groot skade gely. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die nasie se hart gaan uit na almal wat deur die tragedie geraak word.