Ramaphosa besoek die DRK

President Cyril Ramaphosa is op ‘n werksbesoek in Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy sal aan die tiende hoëvlak-vergadering van die Streeks-oorsigmeganisme van die Raamwerk vir Vrede, Sekuriteit en Samewerking deelneem. Die Presidensie sê die vergadering sal aandag skenk aan samewerking op politieke- en sekerheidsvlak en inisiatiewe om ekonomiese ontwikkeling en streeksintegrasie te versterk deur samewerkende oorgrensprojekte. Ramaphosa word vergesel deur die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor.