Ramaphosa beklemtoon billike toegang tot grond

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die party bly vasberade in sy verbintenis om billike toegang tot grond te verseker om apartheid se ruimtelike beplanning om te keer en die deelname van voorheen benadeelde gemeenskappe aan landbou en ander grond-gebaseerde nywerhede te verhoog. Hy het die ANC se 8 Januarie Presidentsrede gelewer. Ramaphosa sê die party verwelkom die Nasionale Vergadering se aanvaarding van die Wetsontwerp op Onteiening wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, soos daar op die 54ste nasionale konferensie besluit is.