Ramaphosa: ANC se eenheid by tye getoets

Die ANC se konferensie is uitgestel omdat alle sake nie afgehandel is nie. Dit sal nou op 5 Januarie op ‘n hibriede manier voortgesit word. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê daar was oomblikke by die party se nasionale verkiesingskonferensie wat die party se eenheid en samehorigheid getoets het. Ramaphosa het tydens die afsluiting van die konferensie by Nasrec in Johannesburg gepraat. Hy sê daar was pogings om die ANC te verdeel, om hulle uit te lok, en die aandag af te lei van die take wat hulle moet aanpak om hul nasionale demokratiese revolusie te bevorder.