Nampol vind 12 sakkies dagga wat by wegjaag-motor uitgegooi is

Die Namibiese polisie het 12 sakkies dagga ter waarde van 300 000 Namibiese dollar gevind in die voertuig wat van ‘n tydelike padblokkade in Windhoek weggejaag het. Die Nampol-woordvoerder van die Khomas-streek, adjudant-offisier Silas Shipandeni, sê die polisie het die bestuurder van die wit Volkswagen City Golf agternagesit en die bestuurder het sakkies dwelms uit die motor begin gooi. Volgens hom het bestuurder beheer oor die voertuig verloor, vasgejaag in ‘n erf in Isak Kazongaristraat in Katutura, en al die insittendes het gevlug. Shipandeni sê lede van die publiek met die polisie begin baklei het en probeer het om die dwelms by die polisiebeampte te gryp. Hulle het die polisievoertuig se agterruit stukkend geslaan en die voorste band stukkend gesteek. Die verdagte wat die polisievoertuig beskadig het, is in hegtenis geneem en sal waarskynlik vandag in die hof verskyn.