Rajasthan Royals, RCB meet kragte in IPL-uitklopwedstryd

Krieket: Rajasthan Royals en Royal Challengers Bengaluru pak mekaar vandag in die tweede uitklopwedstryd van die Indiese Premierliga. RCB het die seisoen baie swak begin, maar toe ses agtereenvolgende wedstryde gewen vir die vierde plek op die punteleer, terwyl Rajasthan derde geëindig het. Sunrisers het gister se eerste kwalifiseerder met agt paaltjies verloor teen Kolkata Knight Riders. Dit beteken Kolkata kom teen Vrydag se wenner te staan in Sondag se eindstryd.