Raisi wen Iran se presidentsverkiesing

Ebrahim Raisi het Iran se presidentsverkiesing gewen met 62% van die stemme. Raisi is ‘n oudregter en bekend vir sy onversetlike konserwatisme. Hy is al verbind met die teregstelling van politieke aangehoudenes en sal in Augustus ingehuldig word.