Christine doen dit weer

Atletiek..Christine Mboma, van Namibië het die 200 meter vir vroue oortuigend in ‘n tyd van 22.79 sekondes by die Wêreldatletiekbyeenkoms in Madrid in Spanje gewen. Sy is die enigste verteenwoordiger van Atletiek Namibië by Wêreldatletiek se Madrid-byeenkoms. Tweede was Gabriela Suarez van Ecuador in ‘n tyd van 23.18 en Maria Vicente van Spanje het derde gekom.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *