Rainhold, Armas wen Rössing-marathon, rekord inskrywings vanjaar

Tomas Rainhold en Alina Armas is as die kampioene van die Rössing Nasionale Marathon op Swakopmund gekroon. Thomas het die wenstreep in twee ure en 14 minute oorgesteek, terwyl Armas in twee ure en 44 minute klaargemaak het. Albei ontvang 20 000 Namibiese dollar en inkopiebewyse ter waarde van ‘n verdere 20 000 dollar vir sporttoerusting. Rössing Uranium se besturende direkteur Johan Coetzee het die wenners gelukgewens en sê die hoofdoel van die marathon is die bevordering van ‘n gesonde leefstyl in die myn se buurgemeenskappe. Fondse is ook ingesamel vir die Namibiese Kankervereniging sowel as die Swakop Striders-klub ter ondersteuning van die ontwikkeling van plaaslike en veral minderbevoorregte atlete. Meer as 800 inskrywings is vanjaar ontvang.