Rafah moet ingeval word – Bibi

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê hulle het geen ander keuse as militêre optrede in Rafah nie. Hy het gister met Amerikaanse kongreslede vergader. Israel het onder internasionale kritiek deurgeloop voor sy beplande optrede in die suidelike Gaza stad waar meer as ʼn miljoen mense tans skuil. Netanyahu sê hulle sal binne enkele weke ʼn oorwinning in Gaza behaal en Hamas se senior leierskap in die gebied vastrek: