Raak ontslae van nie-presterende staats-ondernemings, sê analis

Die finansminister, Iipumbu Shiimi, het in Februarie verlede jaar ‘n nasionale begroting van meer as 72,6 miljard Namibiese dollar in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Die volgende begroting sal na verwagting in Februarie of vroeg in Maart aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by die Universiteit van Namibië gepraat, wat sê dis ‘n verkiesingsjaar, dus kan daar ‘n paar verrassings wees. Hy sê die regering moet egter meer geld gee vir landbou in droogte- en hitte-geteisterde streke, en ook ontslae raak van ondernemings in staatsbesit wat nie presteer nie.