Raadslid van Aminius: G’n sprak oor boorwerk

‘n Raadslid vir die Aminuis-kiesafdeling in die Omaheke-streek, Peter Kazongominja, het by sy gemeenskap aangesluit om die vooruitsigte van uraan-ontginning in die gebied aan die kaak te stel. Dit volg op die onlangse boor van boorgate deur Headsprings Investments by die Okahiokavapa- en Omurambauondjombo-nedersettings in die streek. Kazongominja het aan plaaslike media gesê hoewel die projek al byna twee jaar aan die gang is, was daar geen noemenswaardige gesprekke tussen sy kantoor en die maatskappy nie. Riaan van Rooyen, woordvoerder van Headsprings Investments, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die maatskappy is voortdurend in kontak met al die betrokke ministeries.