Raad vir Mediese Skemas wil pryse van Covid-toetse in SA verder verlaag

Die Raad vir Mediese Skemas in Suid-Afrika sê dit poog steeds om die prys van Covid-toetse nog verder te verlaag, ten spyte van die 500 rand-ooreenkoms. ‘n Woordvoerder van die raad, John Letsoalo, het gesê hulle is tevrede met die kosteverlaging, maar die prys van die toets moet meer bekostigbaar wees. Pathcare, Ampath en Lancet het ingestem om die prys van hulle Covid-19-toetse onmiddellik van 850 rand tot 500 rand te verminder vir ‘n tydperk van twee jaar.