Raad van Kerke sê nee vir aborsie

Die Namibiese Raad van Kerke is gekant teen die wettiging van aborsie in die land. Die parlementêre staande komitee op gesin en geslag hoor die week voorleggings aan oor die kwessie. Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die raad, sê hulle is nie oningelig oor die uitdagings wat die land ondervind nie, maar sien nie die wettiging van aborsie as ‘n oplossing nie.