Phala Phala: Nog ‘n Namibiër gesoek

Die Engelse dagblad The Namibian berig dat Suid-Afrikaanse owerhede op soek is na die Namibiese burger, Simon Hidjapo, in verband met die Phala Phala rooftog in Februarie 2020. Daar word berig dat dit na vore gekom het in getuienis tydens die ander Namibiër Imanuwela David se borgaansoek. Hidjapo het blykbaar ‘n nuwe voertuig gekoop en het ‘n winkel in Angola oopgemaak. Erkki Shikongo, Petrus Afrikaner, Petrus Muhekeni en Urbanus Shaumbwako word ook in verband met die rooftog, waarin ongeveer 10 miljoen Namibiese dollar in buitelandse valuta gesteel is, gesoek. Die huishulp Floriana Joseph en haar broer David, het reeds borg bekom in die saak. David se borg is geweier.