Raad by Akkerbouraad het groot verantwoordelikheid in plaaslike konteks

Die landbouminister Calle Schlettwein het vandag die nuwe raad van die Namibiese Akkerbouraad aangestel. Hubertus Hamm, uitvoerende hoof van Bokomo Namibië is die nuwe voorsitter. Schlettwein sê die raad het ‘n duidelike verantwoordelikheid in die konteks van die Namibiese ekonomie.