R22m-vlagtransaksie steeds in die nuus

One SA se leier, Mmusi Maimane, het die momument-vlag-projek van 22 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die departement van kuns en kultuur skerp veroordeel. Maimane het op sosiale media die koste bevraagteken en die vlag as ‘n gedenkteken vir korrupsie in die land beskryf. Dit volg na die departement planne bekend gemaak het om 22 miljoen rand op ‘n monument-vlag van 100 meter te bestee wat gaan dien as ‘n nasionale landmerk en toerisme-bestemming. Vyf miljoen rand is begroot vir beplanningstudies voor die bouwerk kan begin. ‘n Verdere 17 miljoen rand is vir die oprigting van die vlag opsy gesit.