Veldtog teen smokkelary in gevangenis skop af

Die Namibiese Korrektiewe Dienste skop vanoggend hul Windhoek-korrektiewe fasiliteit se veldtog teen onwettige smokkelware af. Die veldtog het ten doel om die toename in die smokkel van verbode artikels na korrektiewe fasiliteite aan te spreek. Verbode artikels verwys na onder andere selfone, dwelms, tabak, messe, klere en geld. Hierdie items laat gevangenes toe om betrokke te raak by kriminele aktiwiteite soos die skep van ondergrondse ekonomieë, terwyl bestaande dwelmverslawing vererger. Die geleentheid sal begin met ‘n straatoptog vanaf die Windhoek-korrektiewe fasiliteit na die Soweto-mark. Adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van sulke veldtogte…