R1,5m in omkoopgeld verbeur aan die staat

‘n Verbeuringsbevel van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand in omkoopgeld is aan die Nasionale Vervolgingsgesag toegestaan. Daar is op die geld beslag gelê van ‘n senior Oos-Kaapse regeringsamptenaar, Neil Naidoo, wat na bewering probeer het om die hoofondersoeker van die NVG se Ondersoek-direktoraat om te koop. Naidoo het die geld na bewering betaal namens die sakepersone, Mathew Pillay en Kassavan Govender, wat deur die direktoraat ondersoek is. Die direktoraat se woordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geld sal nou in die Herwinningsfonds vir Misdaad-bates inbetaal word om wetstoepassing ‘n hupstoot te gee: