Quinton de Kock het geweier om te kniel

Krieket Suid-Afrika het bevestig paaltjiewagter en aanvangskolwer, Quinton de Kock, het geweier om vangoggend se opdrag te gehoorsaam dat die Proteas voor Wêreldbeker-wedstryde moet kniel. Hy het onttrek aan vandag se groepwedstryd teen die Windies en persoonlike redes aangevoer. KSA se raad het kort voor die wedstryd ‘n besluit aangekondig die span moet kniel as verenigde front teen rassisme. De Kock het altyd gekies om te staan wanneer sy spanmaats kniel. KSA sê hy wag op terugvoer van spanbestuur voordat hy oor verdere stappe besluit.