Quality Street-lekkers gaan groen

Quality Street word groen. Nestlé het ná 86-jaar ‘n verandering in sy verpakking aangekondig om die gewilde sjokolade meer omgewingsvriendelik te maak en te voorkom dat bykans twee-miljard van die kleurvolle plastiek-omhulsels elke jaar op stortingsterreine beland. Internasionale media berig die verandering sal na verwagting betyds wees vir die Kersseisoen, wanneer die lekkers tradisioneel soos soetkoek verkoop. Die sjokolade sal steeds met helder omhulsels bedek wees, maar dit sal nou in groente-gebaseerde was gedoop word.