Qantas stel langste direkte vlug ooit, bekend

Die Australiese Qantas Airways het aangekondig dat hy die wêreld se langste direkte vlug, 20 ure, tussen Sydney and Londen in 2025 sal bekendstel. Die redery het ses spesiale Airbus A350-1000 stralers vir die roete, wat uiters gewild is, bestel. Die redery maak staat daarop dat reisigers meer sal betaal om vier ure op die vlug te spaar. Die Airbus-stralers het ekstra premium-sitplekke en kan tot 238 passasiers op die reis vervoer. Hoë brandstofkoste en lae kajuitbemanning beteken ‘n aansienlike styging in die koste van die kaartjie is nodig om die vlug lewensvatbaar te maak.