Putin wil (steeds) president wees

Russiese leier Vladimir Putin het besluit om volgende Maart aan presidensiële verkiesings deel te neem. Hy is vir amper 24 jaar in beheer in Rusland en terwyl hy baie goeie ontwikkeling en ekonomiese groei in die land gebring het, het hy stelselmatig demokratiese stelsels begin afbreek. Hy het in 2021 nuwe wetgewing deurgevoer wat nie net die presidensiële termyn verleng nie maar, hom ook toelaat om weer te staan. Die wetgewing kan die 71-jarige Putin tot 2036 in beheer hou, langer selfs as Joseph Stalin wat 29 jaar Rusland regeer het.